Outydse waardes en moderne tegnieke is Jansen Houtwerke se wenresep
Familie-onderneming vier vanjaar 34 jaar in die bedryf
VANDERBIJLPARK. – ‘n Passie vir hoëgehalte hout en houtwerk en ‘n ideaal om die publiek van diens te wees met uitmuntende vakmanskap, was die fondasie waarop Jansen (Custom) Houtwerke 34 jaar gelede ontstaan het.
Dié onderneming, wat in 1988 deur Hendrik Jansen senior in Vanderbijlpark gestig is, het onder sy bekwame hand tot ‘n hoogs suksesvolle onderneming gegroei, wat vandag ver buite die Vaaldriehoek bekend is. Met die ondersteuning van Hendrik se vrou Susanne en hul seun, ook Hendrik, is dit vandag ‘n gerekende, professionele familieonderneming wat bekend is vir hoë gehalte produkte en uitstekende vakmanskap.
Jansen Houtwerke is dus ‘n gevestigde kabinetmaker wat alle kombuisstyle, muureenhede, ingeboude kaste of kabinette vir enige vertrek van jou huis kan aanbied – hetsy in soliede of semi-soliede hout of ‘n hoë-kwaliteit moderne materiaal.
Hoewel Jansen Houtwerke se produkte en diens getuig van vervloë jare se waardes en vakmanskap, is daar ook deeglik tred gehou met moderne tegnologie en kliënte se behoeftes vir vandag en die toekoms.
Hul reuse-store bevat van die modernste gerekenariseerde masjinerie op die mark om te verseker dat elke item waaraan hulle werk, perfek en volgens die regte afmetings voorberei is.
Hoewel Jansen Houtwerke in die verlede meeste van hul kliënte se kabinette self geïnstalleer het, het hulle nou ook die DIY- of “selfdoenmark” betree, wat behels dat kliënte vooraf-ontwerpte eenhede kan koop en dit na behoefte kan meng en pas om self te installeer.
Die Jansens wil graag hul potensiële kliënte persoonlik ontmoet en nooi alle belangstellendes om hul perseel en store in Ravelstraat, Vanderbijlpark, te besoek. Skakel gerus vir Hendrik by 016 987 3473 om ‘n afspraak te maak en te sien wat alles beskikbaar is.
Besoek Jansen Houtwerke se webwerf vir verdere inligting by https://www.jansenhoutwerke.co.za/






Bo: Een van die indrukwekkende store en werkswinkels van Jansen Houtwerke.

Hendrik en Susanne Jansen saam met hul seun, ook Hendrik, wat gesamentlik die ruggraat van dié suksesvolle familie-onderneming vorm.
********************************************************
