LifestyleNationalNewsTravel

Groot sinkgat op N1-snelweg ontwrig verkeer

Drie bane in suidelike rigting is gesluit

 

André de Bruyn van AfriForum Centurion het gister berig dat daar ‘n massiewe sinkgat langs die N1-snelweg (Suid), net na die R21 afrit gevorm het.
Daar is glo baie gevaarlike krake oor ‘n gedeelte van die snelweg.
Drie bane in die suidelike rigting is vir verkeer gesluit.
Daar is vermoedelik heelwat inwoners van die Vaaldriehoek wat die pad gereeld moet ry. As iemand weet wat die omstandighede tans daar is, laat weet Vaalweekblad asseblief per Whatsapp by 083 246 0523.

‘n Groot sinkgat naby die N1 digby Centurion. Drie bane van die snelweg is gister vir verkeer gesluit. Foto’s: AfriForum Centurion

  **************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button