Local newsNewsNews
Volkswagen Polo’s die meeste by noodlottige ongelukke in SA betrokke
Volkswagen Polo is die voertuigmodel wat die meeste by noodlottige ongelukke in Suid-Afrika betrokke is en is ook verantwoordelik vir die meeste spoedoortredingsboetes.
Toyota Hilux en Toyota Quantum behaal onderskeidelik tweede en derde plekke waar dit kom by betrokkenheid by noodlottige motorongelukke.
Dit is volgens ‘n studie wat deur die Padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) gedoen is.
Die studie getiteld “South African Fatal Crashes in Context” het gekyk na fatale ongelukke wat tussen 1 Oktober 2017 en 30 Junie 2021 plaasgevind het.
Die studie het ook gekyk na verkeersoortredings wat tussen 1 Januarie 2019 en 20 Junie 2021 plaasgevind het.
Die volgende tabel is die afgelope week deur RTMC uitgereik:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
