AdvertorialLifestyleNews

Stonehaven vier Valentyns-Vreugde die hele naweek lank!

Stonehaven-on-Vaal vier die Valentynstyd met VIER heerlike bederfdae vanaf 11 tot 14 Februarie

 VANDERBIJLPARK. – Stonehaven-on-Vaal vier die Valentynstyd met VIER heerlike bederfdae vanaf 11 tot 14 Februarie.

Op Vrydag, 11 Februarie, skop die “Liefdesnaweek” af met ‘n “Vaal River Dinner Cruise” van 18:00 tot 20:00. Die koste is R500 per persoon.

Op Saterdag, 12 Februarie, kan jy die dag op die walle van die Vaal deurbring en ‘n informele vaart van 50 minute op die vlot deurbring en na al die pragtige huise langs ‘Millionaires Mile” kyk. Die koste is R100 per persoon en die vertrektye 12:00, 14:00 en 16:00.

Bederf jou geliefdes op Sondag, 13 Februarie, met ‘n “Valentine Breakfast Cruise” om 09:00 teen R280 per persoon. Of sluit vanaf 12:00 aan vir ‘n Lunch Cruise teen R480 per persoon.

Op Maandag, 14 Februarie, is daar ‘n luukse Vaal River Dinner Cruise vanaf 18:00 tot 20:00 op die Spirit of Jen. Die koste is R500 per persoon. Informele “cruises ” teen R100 per persoon is ook beskikbaar op verskillende vertrektye. As jy hou van vinniger aksie kan jy gerus ‘n Speed Boat Cruise op die Vaalrivier oorweeg. Daar is plek vir 5 mense en die koste is R1 565 per uur. Piekniekmandjies is beskikbaar teen ‘n addisionele R262.50 per persoon.

Stonehaven bied ook van 11 tot 14 Februarie verskeie Valentyns-etes op land aan, soos ‘n heerlike ontbyt teen R95 per persoon, ‘n Valentyns Piekniek teen R262.50 per persoon en ‘n Valentyns-middag- of aandete met ‘n A la Carte-spyskaart waaruit gaste kan kies en keur.

Meer besonderhede is beskikbaar by Stonehaven: (016) 982 2951/2 of WhatsApp na 060 804 1495

 

 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button