MEYERTON. – Op Saterdag 5 Maart het Meyerton Krieketklub se o/13 span teen die eweknie van Soweto in ‘n Gauteng Lions ligawedstryd gespeel.
Dit was ‘n historiese wedstryd met die span van Soweto wat in Meyerton kom speel het.
Meyerton wen die loot en besluit om eerste te kolf, en teken 156 vir 7 aan in die toegelate 25 boulbeurte.
Meyerton se kolwers wat die beste gevaar het was Mynhardt Henn met 51 nie uit nie, Divan van der Berg met 25 nie uit nie, Xander Jacobs met 15 en Sebastian Meyer met 13. Die beste boulers van Soweto was Junior Mahlsela met 1 paaltjie vir 21, Ofentse Makhosana met 2 vir 8 en Gift Khoza met 2 vir 33. Die Soweto-span het goed gekolf en amper die totaal van 156 behaal, maar was almal uit vir 149 in die laaste boulbeurt.
Die beset kolwers was Junior Mahlsela met 51 en Gift Khoza met 16. Meyerton Junior Krieket Klub wen dus die baie opwindende wedstryd met 7 lopies. Meyerton Klub het nog nie ‘n wedstryd in die liga verloor nie en staan ‘n goeie kans om die liga te wen.

