LifestyleLocal LifestyleNewsNewsSport

Plaaslike Kiewiet Jukskeiklub blink uit

Jukskei is ‘n sport vir oud en jonk. Daar is tans klubs in Vereeniging (Kiewiet Jukskeiklub), Vanderbijlpark (Eikeklub) en Parys (Mimosklub).

VEREENIGING. – Vyf spelers van die Kiewietkub (Drie Riviere Aftree-oord) het onlangs aan die tweede SA Senior Akademie Jukskei Toernooi 2022 deelgeneem en die Vaaldriehoek se naam hoog gehou.

Basie en Dina Stander, Deborah van der Walt en Saadjie Zelie het Oos-Vrystaat verteenwoordig en Peet Muller die provinsie Limpopo.

Hierdie toernooi is vanaf Maandag 21 Februarie tot Vrydag 25 Februarie in Kroonstad op Jukskeipark (die hartland van SA Jukskei), aangebied.

Drie-en-dertig spanne, onder andere 7IG Ontwikkelingspanne en 132 spelers (sonder reserwes en beamptes) het aan die toernooi deelgeneem..

Die Maandag is die toernooi geopen deur die onderskeie vlae te hys. Tydens die toernooi is spanwedstryde, driespel, dubbels en weer spanwedstryde gespeel.

 

Vir die Vrydag se vertoonwedstryde om 08:00 is Dina Stander vir die SA Senior Akademie se Vrouespan gekies en Peet Muller en Saadjie Zelie onderskeidelik vir die SA Senior Akademie Meriete Span 4.

Na afloop van die vertoonwedstryde het die toernooi voortgegaan met die laaste spanwedstryde en die toernooi is met ‘n prysuitdeling afgesluit.

Adri Muller (Limpopo) en Tom Prins (KZN) is spelers wat ook aan alternatiewe SA Jukskeitoernooie deelneem. Basie en Dina Stander, Peet en Adri Muller, Deborah van der Walt en Tom Prins het elk ‘n oorkonde van die Kiewiet Ontspanningsklub ontvang ter erkenning vir verdienstelike en strategiese j ukskeispel en die verryking van die klub se jukskei-spelvaardigheid.

Dié spelers is daarvoor bedank dat hulle die klub op Provinsiale en/of SA kompetisievlak met die status van “ambassadeur” verteenwoordig het.

Jukskei is ‘n sport vir oud en jonk. Daar is tans klubs in Vereeniging (Kiewiet Jukskeiklub), Vanderbijlpark (Eikeklub) en Parys (Mimosklub).

 

Dié jukskeispelers uit die Vaaldriehoek, Saadjie Zelie, Dina en Basie Stander, en Deborah van der Walt het Oos-Vrystaat verteenwoordig.

 

Peet Muller (Limpopo) is gekies vir die SA Senior Akademie Merietespan 4, Dina Stander (Oos Vrystaat) vir die SA Senior Akademie Vrouespan, en Saadjie Zelie (Oos Vrystaat) vir die SA Senior Akademie Merietespan 4.

 

Peet Muller en Saadjie Zelie (SA Senior Akademie Merietespan 4)

 

Dina Stander ( SA Senior Akademie Vrouespan)

 

 

Peet Muller, (Limpopo), nog een van die Vaaldriehoek se uitblinker jukskei-spelers

 

************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button