Local newsNewsNews

Man en vrou beseer toe motor teen huis se muur bots by Henley-on-Klip

'n Man en 'n vrou is Donderdagaand (24 Maart 2022) beseer toe die bestuurder van 'n ligte voertuig beheer verloor en met die muur van 'n huis in Regattaweg in Henley-on-Klip gebots het.

HENLEY-ON-KLIP. – Volgens ER24 het nooddienswerkers kort voor 19:00 by die toneel opgedaag en die opgefrommelde voertuig in ‘n erf aangetref waar dit teen die muur van ‘n woning gebots het.

‘n Man in sy 40’s het op die toneel rondgeloop en ‘n vrou in haar 30’s het langs die voertuig gesit. Nooddienswerkers het vasgestel dat die vrou ‘n ernstige beenbesering opgedoen het terwyl die man minder ernstig beseer is.

Die pasiënte is op die toneel behandel. Die vrou is pynmedikasie gegee voor sy na die Sebokeng Provinsiale Hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button