AmusingNews

Swaargewig onnies: Het julle geval vir ons grap?

Sommige se raaiskoot dat dit 'n Aprilgek-grap was, is in die kol! Die "feite" in die oorspronklike berig is alles fiktief.

Vaalweekblad se berig, Departementsbesluit: Oorgewig onderwysers se vet dae is getel, wat op 1 April 2022 op ons webwerf en Facebook-profiele gepubliseer is, het sowat 130 000 lesers bereik en byna ‘n duisend kommentare uitgelok.

Sommige se raaiskoot dat dit ‘n Aprilgek-grap was, is in die kol! Die “feite” in die berig is alles fiktief en heeltemal onwaar. Al wat die waarheid is, is dat onderwysers relatief goed betaal word, maar Vaalweekblad weet hoe hard hulle werk en dat hulle elke sent daarvan verdien.

Vaalweekblad se personeel het groot pret gehad om ons lesers se kommentaar op die berig te lees. Daaruit blyk dit dat ons streek se onderwysers die volle ondersteuning van ons lesers het, en dat hulle hoog waardeer word. Die arme Polisie, Verkeersafdeling, Weermaglede en ander staatsdiensamptenare het egter minder bewonderaars en het behoorlik onder lesers se kritiek deurgeloop. Meeste van Vaalweekblad se lesers meen die regering moet liewer dáár begin met fiksheids- en dieetplanne!

Lesers wat Zoeloe verstaan, sou dadelik ‘n rot geruik het as hulle na die “Wits-navorser”, Prof. Omkhulu Ihlaya, se naam en van gekyk het.  Omkhulu beteken “massiewe” en Ihlaya beteken “grap”.

So, hiermee groet ons Prof. Grap tot 1 April 2023 en hoop om ons lesers dan weer met ‘n slap riem te vang!

As jy nie die oorspronklike berig gelees het nie, lees dit hier: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/128753/departementsbesluit-oorgewig-onderwysers-se-vet-dae-is-getel/

   ********************************************************************************

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button