NationalNews

Manten Marina oorstroom weens vinnige invloei in Vaaldam

Dit is in hierdie stadium nog onbekend hoe lank die vyf sluise oop gaan bly.

 

Só lyk dit vandag (13 April 2022) by Manten Marina in Deneysville langs die Vaaldam. Die oorstroming by dié Marina is weens die vinnige invloei in die Vaaldam, wat vinniger is as die uitvloei, selfs nadat ‘n vierde en vyfde sluis vandag oopgemaak is om water uit te laat. Die Vaaldam se vlak was vandag 113%.

Mev. Rosemary Anderson, voorsitter van Fedhasa en eienaar van Stonehaven-on-Vaal langs die Vaalrivier in Vanderbijlpark, het vroeër vandag versoek dat gemeenskappe wat stroomaf langs die Vaalrivier se oewer woon, oor die verwagte hoër riviervlak gewaarsku word.

Vaalweekblad het vanmiddag omstreeks 15:30 gaan kyk hoe die Vaalrivier (stroomaf) by Vanderbijlpark tans lyk na die opening van die 5de sluis omstreeks 12:00. Ons het opgemerk dat die watervlak van die rivier hier reeds aansienlik gestyg het.

Dit is in hierdie stadium nog onbekend hoe lank die vyf sluise oop gaan bly, en of daar teen more dalk selfs ‘n sesde oopgemaak sal moet word. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button