Local newsNationalNews

Verslaggewer se skok-ervaring toe gepeupel haar met klippe bestook

Kar se bakwerk erg beskadig deur klippe, verskeie ruite uitgegooi

 

‘n Bekende joernalis van die Sondagkoerant Rapport, me. Jana Smit,  het vroeër vanaand ‘n skrikwekkende ervaring gehad toe sy onderweg na Vanderbijlpark deur ‘n groep oproeriges met klippe bestook is. Die voorval het omstreeks 19:00 op die R57-roete net voor Bophelong plaasgevind.

Jana sê dit was pikdonker, maar sy kon sien hoe een persoon skielik voor haar oor die pad hardloop. Sy het spoed verminder en sekondes daarna het mense uit alle rigtings na haar kar toe aangehardloop gekom en haar voertuig met klippe begin bestook. Haar motor is in die proses erg beskadig en verskeie vensters is gebreek. Na ‘n paar angswekkende minute wat sy gesukkel het om haar motor tussen die klipgooiers deur te bestuur, kon sy uiteindelik daarin slaag om ondanks ‘n pap band na ‘n nabygeleë motorhawe te ry. Sy het ‘n klag by die Polisie in Vanderbijlpark ingedien.

Jana wil alle motoriste wat beplan het om dié roete te gebruik, waarsku om tans alternatiewe roetes te neem.  Die oproer hou glo verband met inwoners se woede oor ‘n kragonderbreking wat nou reeds dae lank aanhou. Vaalweekblad sal more-oggend volledig oor die voorval verslag doen.

Die skade aan die sykant van Jana se motor kan hier duidelik gesien word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button