Local newsNewsNews
Vloed of te nie! Toegewyde hengelaars stel visstokke langs besige pad op!
Die Kliprivier is in nou wel in vloed en Vosloopark onder water, maar dit het toegewyde hengelaars nie laat afskrik om hul stokperdjie te beoefen nie!
VEREENIGING. – ‘n Groep hengelaars het hul visstokke langs Golfrylaan opgestel en vang sedert Donderdag (21 April 2022) daar vis met motors wat heen en weer ry op die besige pad.
Die hengelaars het heelwat aandag getrek met verbygaande motoriste wat foto’s en videos van die spektakel geneem het.

Sommige verbygangers het besluit om by die groeiende groepie hengelaars aan te sluit.
Die hengelaars staan nou in rye langs die pad tussen die brug oor die Kliprivier en die kruising van Golfrylaan en Brandmullerrylaan.
Vaalweekblad het gaan inloer en met ‘n paar van die hengelaars gesels.
Kyk ons video hier:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

