AdvertorialLifestyleLocal newsNews

Vrystaatse boer open topgehalte slaghuis in die dorp

Bestellings kan by die slaghuisnommer: 066 186 1830 geplaas word.

SASOLBURG. – Bones & Blades is die naam van ‘n nuwe topgehalte slaghuis wat vandag, 28 April, in Riemlandstraat 27 oopgemaak het. Volgens eienaar Karools van den Berg, wat al jare in die Heilbron-omgewing met vee boer, bied die slaghuis ‘n geleentheid om die beste gehalte vleis aan inwoners van Sasolburg te lewer – gerieflik in hul eie dorp.

Hier verskaf Karools en sy vrou, Celeste, alles waarvan vleisliefhebbers kan droom… die smaaklikste A-graad bees, vark, skaap en hoeder, en dan is daar ook bees- en wildsbiltong, en droëwors – van die lekkerste wat jy maar kan kry. En moet ook nie vergeet van die heerlike olywe uit die Kaap, Willow Creek-produkte en lekker chillis nie!

As ‘n spesiale diens sal Bones & Blades jagters se wildskarkasse teen ‘n baie bekostigbare prys opsaag, verwerk en vakuum-verpak. (Let wel, slegs wild waarvan die velle reeds verwyder is, kan aanvaar word). Heel skape wat by die slagpale geslag is, kan ook hier opgesaag en verwerk word.

Karools het in die Vrystaat naby Sasolburg grootgeword en ken reeds baie mense van die Sasolburgkontrei. Hy nooi almal uit om te kom dagsê. Sy doelwit is om aan al die dorp se vleisliefhebbers ‘n hartlike en persoonlike diens te lewer. Kom maak gerus ‘n draai by die slaghuis in Riemlandstraat, of besoek hul Facebook-blad by “Bones-Blades-Butchery” om op hoogte van hul spesiale aanbiedinge te bly. Bestellings kan by die slaghuisnommer: 066 186 1830 geplaas word.

 

 

Die nuwe Bones & Blades in Sasolburg.
Karools en Celeste van den Berg van die nuwe Bones & Blades Slaghuis in Riemlandstraat, Sasolburg.

******************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button