Local newsNewsNews

Sakelui, taxi-bestuurders en straatsmouse betoog oor stand van Vereeniging-middestad

Sakelui, taxi-bestuurders en straatsmouse het Vrydag byeengekom om protes aan te teken oor die stand van Vereeniging.

VEREENIGING. – Lede van die Vereeniging for Change-beweging wat sakelui, taxi-bestuurders, straatsmouse en inwoners van die stad verteenwoordig, het Vrydag (20 Mei 2022) aan die protesoptog in Vereeniging se strate deelgeneem.

Hulle dring aan op dienslewering deur die polisie en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit.

Die optog het omstreeks 08:00 voor die Nandos-restaurant in Voortrekkerstraat begin. Betogers het van daar af na die Vereeniging-polisiestasie beweeg waar hulle ‘n griefskrif met eise aan verteenwoordigers van die polisie en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit oorhandig het.

Volgens Shaheen Choonara, een van die organiseerders van die optog, is inwoners ongelukkig oor die stand van infrastruktuur in Vereeniging, die gebrek aan dienslewering, die gebrek aan polisiëring, haweloses en dwelmgebruikers in sakekern en die skrootmetaalhanderlaars in die stad.

Ons wil graag die dorp regruk. Op die oomblik betaal ons met geld uit ons eie sakke om, slaggate, straatligte, padmerke en verkeersligte reg te maak. Ons moet boonop self die kragstasies oppas en water en riool vloei tans deur ons strate,” sê hy.

Volgens Mpho Khambule van die Vereeniging for Change-beweging is inwoners ook ongelukkig oor die standaard van polisiëring in die middestad.

Die polisiestasie en distriksbestuur wat verantwoordelik is vir gemeenskapsveiiligheid moet ons as die gemeenskap die diens gee wat ons verdien. Ons veiligheid en sekuriteit is ons mensregte,” het hy in ‘n toespraak voor die polisiestasie gesê voordat hy ‘n griefskrif aan genl. Zodwa Molefe van die polisie oorhandig het.

Lede van die Vereeniging for Change-beweging tydens die optog deur Voortrekkerstraat. Foto: Christiaan Cloete
Lede van die Vereeniging for Change-beweging is ongelukkig oor lewenstoestande in Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete
Genl. Zodwa Molefe neem namens die polisie die griefskrif in ontvangs. Inwoners kla ook oor polisiëring in die middestad van Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button