Local newsNewsNews

Inwoners van Sonlandpark se krag glo afgesny weens Emfuleni se agterstallige skuld aan Eskom

Die rede waarom inwoners van Sonlandpark vanaf Donderdagaand (26 Mei 2022) tot Vrydagmiddag (27 Mei 2022) in duisternis gedompel is en die kragonderbrekings oor die naweek voortgeduur het, het glo iets te doen met die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit wat nie vir Eskom betaal het nie.

VEREENIGING. – Elize Aucamp, raadslid vir wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, verduidelik: “Terwyl Emfuleni keer op keer belowe dat prioriteit aan Rand Water en Eskom gegee word wanneer dit kom by betalings het Emfuleni weereens nie Eskom betaal nie en die lading by die substasie wat die Randwater Amanzimtoti-reservoir (wat Sonlandpark, Falconridge en Helenasrus voer) is gevolglik verminder.

 

“Oor die naweek is inwoners se krag op Vrydag (27 Mei 2022) en Saterdag (28 Mei 2022) rondom 20:00 afgesit tot 08:30 die volgende oggend sodat Rand Water se Amanzimtoti-reservoir aangeskakel kon word om water te pomp en so te verhoed dat verskeie areas onder andere Roshnee, Rustervaal, Sebokeng, Falconridge en omliggende gedeeltes sonder water sit,” verduidelik Aucamp.

Aucamp sê: “Die munisipale bestuurder meen dat Eskom verkeerd is en het gevra dat die regstellings gemaak word tot na hulle vergadering komende Dinsdag (31 Mei 2022), maar met Emfuleni se geskiedenis van wanbetaling aan Eskom en Rand Water sluk mens maar swaar aan die munispale bestuurder se verduideliking.

“Daar was Vrydag (27 Mei 2022) ook ’n vergadering geskeduleer tussen die munisipale bestuurder en Eskom, maar duidelik het daar dadels van gekom.”

“Die feit dat Emfuleni nie betaal nie, en onskuldige inwoners wat wel betaal gestraf word laat mens dink aan ’n regter wat iemand verkeerdelik tronk toe stuur vir ’n misdaad wat hy/sy nie gepleeg het nie,” sê Aucamp.

Aucamp meen die afwesigheid van die administrateur wat verantwoordelik is vir die regruk van Emfuleni is skokkend en ’n duidelike bewys dat hy ook gefaal het.

Elize Aucamp, raadslid vir wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Photo: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button