AdvertorialEditor's choiceLifestyleLocal newsMotoringNews

Elite Auto vier 43 jaar van sukses

Besoek die onderneming op die hoek van Lesliestraat en Rhodeslaan, of skakel 016 455 5773 vir meer besonderhede.

 

Elite Auto in Vereeniging doen al 43 jaar sy naam gestand as ‘n uitsonderlike motorhandelaar wat hul kliënte soos koninklikes behandel.

Dries van Tonder, eienaar van Elite Auto op die hoek van Lesliestreet en Rhodeslaan, Vereeniging, het sy voertuighandelsaak 43 jaar gelede, op 28 Augustus 1978, in Bloemfontein as N&A Motors begin. Die onderneming het met net drie personeellede en ses voertuie op die vloer geopen, maar ‘n stewige fondasie vir sukses is toe al gelê.

In 1983 het Dries sy veel groter onderneming na Vanderbijlpark verskuif as Elite Motors, en in 1994 is die huidige perseel in Vereeniging as Elite Auto betrek.

Vandag kan die onderneming met ‘n groot personeel en meer as 150 voertuie in sy skitterskoon uitstalruimte spog.

Hoewel Dries van jongs-af ‘n belangstelling in voertuie gehad het, het sy loopbaan in die bankwese begin – eers in krediteure en later as bemarkingsbestuurder van Trust Bank in New Castle. Hy het sy voertuighandelsaak met dieselfde dissipline, presisie en toewyding aangepak as waarvoor hy as bankman bekend geword het. Vandag is integriteit, eerlikheid, deeglikheid en kliëntediens steeds die pilare waarop Elite Auto rus.

Dries het in sy 43 jaar as voertuighandelaar reeds sowat 30 000 voertuie verkoop. Elite Auto koop en verkoop alle fabrikate gebruikte voertuie, maar fokus veral sterk op ontspanningsvoertuie en 4×4’s. Indien ‘n kliënt spesifieke voorkeure het, word daar landwyd na ‘n spesifieke voertuig gesoek, mits dit aan Elite Auto se hoë gehalte standaarde voldoen. Elite Auto kan op versoek ook splinternuwe voertuie van sekere fabrikate teen besonder mededingende pryse verskaf.

Die onderneming het sy eie werkswinkel met hoogsopgeleide personeel waar dienste op alle voertuie gedoen word. Volledige naverkoopdienste soos die byvoeging (fitment) van alle bykomstighede op SUV’s en 4×4’s soos sleepstange, buffers, bosbrekers (bull bars) en veel meer, word ook aangebied.

“Ons goeie naam en integriteit is allerbelangrik vir ons. Daarby is dit ons doelwit om ons kliënte se koopervaring so glad en gerieflik as moontlik te maak. Ons verseker dat ‘n voertuig met die verkoop daarvan die nodige diens kry, deur die wetlike toets gaan en op die koper se naam geplaas word. Ons staan ons kliënte ook by met kredietreëlings,” sê Dries. Drie van sy seuns, Nico, Willem en Le Roux is saam met hom by Elite Auto betrokke. (Sy vierde seun, Dries junior, is ook ‘n entrepreneur met sy eie onderneming).

Elite Auto het deur die jare reeds verskeie uitsonderlike prestasies behaal. Buiten dat die onderneming reeds ‘n finalis in Absa se nasionale Goue Handelaars-toekennings was, het Elite Auto ook reeds verskeie kere Wesbank se toptoekening in die kategorie vir groot ondernemings verwerf.

In November 2020 het die onderneming verder uitgebrei toe Elite Auto Leisure langs die Barragepad naby die ingang van Vereeniging oopgemaak het, waar nuwe en gebruikte woonwaens verkoop word. Elite Auto Leisure is die nuwe Jurgens-, Sprite- en Gypsey-agente in die Vaaldriehoek, met ‘n volledige woonwa-werkswinkel.

Dries het baie lof vir sy vrou, Alta, sy staatmaker wat hom deur die jare getrou bystaan en ondersteun. Die Van Tonders is lief vir die veld en reis graag na Namibië of enige plek met grondpaaie waar hulle soms die stadsgejaag kan ontvlug. Dries is ook ‘n groot Harley Davidson-ondersteuner wat graag aan motorfietsuitstappies deelneem.

“Ek is een van die min gelukkige mense wat kan sê dat my werk, motorhandel, ook my stokperdjie is. Ek sal aanhou werk tot ek omval,” sê hy.

  • Besoek die onderneming op die hoek van Lesliestraat en Rhodeslaan, of skakel 016 455 5773 vir meer besonderhede.

 

 

Ervare, gerekende motorhandelaar Dries van Tonder van Elite Auto.

************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button