LifestyleLocal newsNews

Polisie op soek na inligting na poging tot ontvoering in Sasolburg

Die polisie is op soek na die verdagtes sowel as na die gesin se BMW met die registrasienommer HTB 145 FS.

 

Die Polisie in die Sasolburggebied is op soek na vier verdagtes wat vroeg Vrydagoggend (3 Junie) probeer het om ‘n man te ontvoer en uiteindelik met sy gesin se voertuig weggejaag het.
Volgens kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder in die Fezile Dabi-distrik, het die 50-jarige man omstreeks 07:00 die oggend met sy wit X5 BMW by ‘n kafee stilgehou om iets te koop toe hy deur vier mans, van wie minstens een ‘n vuurwapen op hom gerig het, genader is.
Die man is met ‘n vuurwapen geslaan en die aanvallers het probeer om hom in sy voertuig se kattebak in te dwing. Die man se vrou en kind was ook in die voertuig. Die vrou het by die kapers gepleit om haar man te laat gaan.
Die getraumatiseerde gesin is uiteindelik op die sypaadjie agtergelaat en die rowers het met hul voertuig weggejaag.
Die polisie is op soek na die verdagtes sowel as na die gesin se BMW met die registrasienommer HTB 145 FS.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om konst. Kgaugelo Muvhango by 076 791 5740 te kontak.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button