Local newsNewsNewsSport

Honderde durf Vaal Mall-padwedloop aan

Honderde mense het Saterdagoggend (30 Julie 2022) voor die Vaal Mall aangetree, maar dit was nie vir Swart Vrydag inkopie-stormloop nie!

VANDERBIJLPARK. – ArcelorMittal Atletiekklub se Vaal Mall-wedloop het om Saterdagoggend (30 Julie 2022) by die winkelsentrum begin in geëindig.

Volgens die amptelike uitslae het 111 atlete aan die 32km-wedloop deelgeneem, terwyl 90 deelnemers aan die 21km-wedloop deelgeneem het.

Daar was ook ‘n 10km-wedloop en ‘n 5km-pretdraf.

William Morobe van ArcelorMittal Atletiekklub het die 32km-wedloop in ‘n tyd van 02:04:35 gewen. Helené van Rooyen van Meyerton Atletiekklub was die eerste vrou in ‘n tyd van 02:36:45.

Teboho James Hewana (01:25:26) en Michelle Spies (01:40:45) van Vaal Atletiekklub het in die 21km-wedloop koning gekraai.

Die volledige uitslae is by finishtime.co.za beskikbaar.

William Morobe wat Saterdag die Vaal Mall 32km-wedloop in ‘n tyd van 02:04:35 gewen het. Foto: Facebook/Buks van Heerden
Helené van Rooyen van Meyerton Atletiekklub was die eerste dame in die 32km-wedloop en het ook baie van die mans laat les opsê. Foto: Facebook/Buks van Heerden

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button