Local newsNewsNews

Jy’s nooit te jonk óf te oud om te dans nie!

Helenor Dance Studio se dansers stap weg met goue medaljes by die "Show your Talent"-kultuurkompetisie

Dansers van Helenor Dance Studio het onlangs aan die “Show your Talent”-kultuurkompetisie deelgeneem, waar hulle goue medaljes vir al hul items ontvang het.

Al die deelnemende dansers van die dansskool het Gauteng-kleure verwerf en het gedurende die Oktober-skoolvakansie by die SA-kampioenskappe aan die nasionale uitdunne deelgeneem. Hulle vorm deel van die Talent Africa Nationals.

“Die deelnemers se ouderdomme wissel van 3 jaar tot 41 jaar, wat die feit onderstreep dat mens nooit te oud of te jonk is om te dans nie,” sê hul afrigter, me. Helenor Esterhuizen.

“Hulle doen alle style, van klopdans, hip-hop, contemporary tot musikale teater. Die belangrikste is dat die kinders dit moet geniet om te dans en dat hulle op ‘n prettige manier hul selfbeeld, dissipline en kreatiwiteit ontwikkel.”

Me. Esterhuizen is betrokke by die privaatskool, Curro Vanderbijlpark, waar sy klasse in die skoolsaal aanbied. Die leerders word met die skool se volle ondersteuning bygestaan om deel van alle kultuurgebeure te vorm.

Meer besonderhede is beskikbaar by me. Esterhuizen by 064 433 1796.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button