Danksy harde werk en skenkings is Landi en Hendrik getroud
VANDERBIJLPARK. – Hulle het hard gewerk om uiteindelik te kan trou en danksy 'n helpende hand hier en daar uit die gemeenskap, was hul troue 'n onvergeetlike mooi dag! Sê hallo vir mnr. en mev. Hendrik en Landi Burger.
Dié egpaar is plaaslik (en veral op Vaalweekblad se Facebook) bekend vir die harde en deeglike werk wat hul verrig met vensters insit en die re-putty van die rame.

Hulle het verlede jaar in April verloof geraak toe Landi vir Hendrik voorgespring het en hom gevra het om met haar te trou. “Ek het ja gesê want ek was besig om te beplan om haar te vra,” vertel Hendrik met ‘n breë glimlag.
Hulle het besef hul sou vir hul eie troue moet betaal en om dit te kan doen sou hulle moes hard werk.
Hendrik het op daardie stadium in sy vrye tyd by huise gaan vensters insit en die re-putty van die rame gedoen. Landi het hom gevra om haar te leer om dit ook te doen en so het Die Glasvrou tot stand gekom.
So het die tyd aangestap en die groot dag het al nader gekom. Toe die eerste berig oor Hendrik en Landi in Augustus 2022 in Vaalweekblad verskyn het, moes hulle op daardie stadium nog sowat R12 500 insamel om al die onkostes te dek.
Dit is toe dat die wonderlike Vaaldriehoekers handjie bygesit het. Landi en Hendrik bedank almal vir elke bydrae wat die dag help moontlik maak het.

“Daar was selfs ‘n boutique wat vir my ‘n trourok aangebied het, maar my ma het my trourok vir my gemaak,” vertel ‘n dankbare Landi. Hulle is ook met twee troukoeke bederf.
Hulle bedank in besonder:
Venue & Food : Comfy Corner Café 072 658 5885
Make-up, Hair & Nails : Comfy Corner Hair & Beauty 016 023 0688
Decor: Timeless Décor – Chante 076 808 3395
Flowers: Flower Spot – Riaan 083 666 1541
Tabletop Hire: White Petal Exclusive Decor
Troufoto’s: Elsje Vermeulen Photography 083 417 1059
Na afloop van die groot dag het die tweetjies ‘n heerlike wegbreek vir hul wittebrood in Parys geniet. Hulle is egter nou weer volstoom aan die gang en nooi mense om hulle te kontak vir werk by 064 973 3873 of 078 132 7261.
Hulle vra dat mense boodskappe op whatssapp vir hul los deur die dag – want dan is hulle so besig om te werk dat hulle nie oproepe kan antwoord nie. Hul sal wel later terug skakel of kontak maak.



