Local newsNewsNews

Rudie raap nog ‘n SA-liggaamsbou titel op

VANDERBIJLPARK. - Rudie Fourie is ‘n bekende gesig én lyf in die Vaal. As liggaamsbouer het hy al vele titels verower en nou het hy dit weer gedoen!

In 2019 het hy ‘n loopbaan-hoogtepunt behaal toe hy die PCA SA titel in “classic bodybuilding” verower het.
Die Covid-pandemie het daarna die SA kampioenskap vir twee jaar in die wiele gery.

Maar vanjaar kon sowat 300 liggaamsbouers van regoor die land weer die kans kry om teen mekaar kragte te meet toe die IBFF SA-kampioenskap in Pretoria gehou is.

Rudie Fourie van Vanderbijlpark.

Rudie het met die wentitel in die Meesters-afdeling huis toe gekom. Hy is ook gekies om SA volgende jaar in Engeland te verteenwoordig. Maar dit het harde werk gekos om dit te behaal.

“Ek het 30 weke hard voorberei vir die kampioenskap. Ek het meer kardio in my roetine begin inwerk en sewe maaltye per dag geëet,” vertel Rudie.

“Nader aan die datum van die kompetisie het ek my proteïne meer gemaak en my liggaam mooi dopgehou en kosse aangepas om lyf in die beste kondisie te kry.”

Dit het beslis gewerk, want hierdie is die derde SA-titel agter sy naam.
Rudie is ook ‘n suksesvolle fitness en body building coach wat al vele top atlete hul doelwit help bereik het.

Rudie is ook ‘n suksesvolle “fitness & body building coach”.

Hy help ook mense wat gewig wil verloor en gesonde leefstyle leef.

“Ek glo in vaste kosse en nie shakes en meal replacements nie. Beweeg weg van suiker en produkte wat van witmeel gemaak word. Alkohol speel ook ‘n baie groot rol in gewigsverlies en ‘n gesonde leefstyl,” is van sy basiese riglyne.

“Vyf tot sewe klein maaltye per dag om jou bloedsuiker konstant te hou, is belangrik.
Die grootste fout wat mense maak is om net twee maaltye per dag te eet. Jou kos is waar al die sukses lê.”

Dit is duidelik dat dié man hope kennis en ondervinding het om te bied.

* Indien daar belangstellendes is wat Rudie se kundigheid benodig, kan hy by 082 663 0130 gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button