Local newsNewsNews

Sasolburg spog met jong, talentvolle hengelaars

SASOLBURG. - Meandro Pieters van die Hap en Kap Hengelklub het vanaf 3 - 5 Oktober 2022 aan die 0/13 SAVOF toer deelgeneem wat by Bloemhofdam aangebied was.

Daar was 25 seuns en dogters hengelaars wat deelgeneem het. Meandro het die SAVOF A span verteenwooridg en in die algehele 11e plek geëindig met 34 vis – 31,820kg (waaronder ‘n baber van 7,2kg).

Op die foto spog Meandro Pieters met die baber van 7,2 kg wat hy geland het.

Die algehele wenner was HJ Knoetze van die SA Skole span A met die swaarste sak en meeste vis oor die drie dae ( 59,155kg  – 56 vis). Die SAVOF A span eindig in die 2de plek, SAVOF B span in die 3de plek en die SA skole span A in die 1ste plek.

Die Hap en Kap Hengelklub het ook sy September maand-kompetisie by Kollege Plaas, Vaaldam naby Villiers gehou.

Dit was ‘n snikhete dag met die wind wat taamlik sterk gewaai het by tye. Dit het egter nie die 11 hengelaars gestuit nie.

Daar was 98 vis met ‘n gewig van 59,55 kg ingeweeg vir punte. (46 karp, 2 graskarp, 18 moddervis, 9 babers en 23 kleinbek geelvis).

Die penkoppe (O/13) mannetjies het weer hul staal gewys. Meandro Pieters het die lootjie gewen met sy baber van 0,460kg.

Nog ‘n penkop, Michael Meyer, het vroeg die oggend die oë laat rek toe hy ‘n bielie van ‘n graskarp land wat die skaal laat kreun het op 6,150kg, sy swaarste vis tot dusver in kompeterende hengel.

Hy het na die einde van die dag se hengel 6 vis ingeweeg (8,935kg) en was ook die wenner in die afdeling.

Michael Meyer het vroeg die oggend die oë laat rek toe hy ‘n bielie van ‘n graskarp land wat die skaal laat kreun het op 6,150kg.

Marius Crous (meester) het met die louere weggestap vir die dag met 25 vis (15,7kg).

Marius het ook die swaarste karp vir die dag  ingeweeg (2, 015kg), swaarste moddervis deur Hennie Greyling (1,610kg) en kleinbek geelvis deur Leon Meyer (0,405kg).

Die klub se volgende kompetisie is op 22 Oktober by Leeuplaas.

Marius Crous (meester) het met die louere weggestap vir die dag met 25 vis (15,7kg).

 

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button