Local newsNewsNews

Meyerton se ystervrou (90) sterf

Mev. Catharina Johanna “Erna” Church, ’n oud-burgemeester van Meyerton is Donderdag 6 Oktober 2022 op die ouderdom van 90 oorlede.

MEYERTON. – Church was in die tagtigerjare burgemeester van Meyerton en was ’n sleutelfiguur in die stigting van Huis Meyerton, ’n tehuis vir bejaardes met ’n sentrale ligging naby Meyerton se sakekern, sowel as die pawiljoen by Hoerskool Dr. Malan.

Daar is ook ’n straat – Erna Churchstraat in Meyerton – na haar vernoem.

Church sou op 24 Oktober 91 jaar geword het.

Die burgemeester van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, rdh. Peter Teixeira, het Vrydag in ‘n plasing op Facebook sy meegevoel met die familie uitgespreek.

Nadat sy die amp verlaat het, was sy steeds ‘n aktiewe lid in haar gemeenskap, wat wys hoeveel liefde en toewyding sy vir die mense van Midvaal gehad het.

Mag haar pragtige siel in ewige vrede rus,” het Teixeira gesê.

Church se man, dr. Arthur Church, is 2005 aan kolonkanker aankolonkanker oorlede.

Church het die afgelope paar jaar aan Alzheimer se siekte gely en is deur ‘n privaatverpleegster by haar huis versorg.

Church word oorleef deur haar kinders dr. Charles Churh (jnr) van Meyerton en dr. Charien Sunshine van George in die Suid-Kaap en haar vyf kleinkinders.

Mev. Erna Church verlede jaar saam met haar verpleegster, Miempie Venter by haar huis in Meyerton. Foto: Christiaan Cloete
‘n Portret van ‘n jonger Erna Church toe sy in die tagtigerjare burgemeester van Meyerton was. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button