Local newsNewsNewsSport

Speke sing vir ‘n goeie doel

Die 18de N3TC Meals on Wheels-fietswedren het Sondag 16 Oktober 2022 in winderige toestande by Sedaven buite Heidelberg, Gauteng plaasgevind.

HEIDELBERG. – Die fietswedren wat deur Spectrum Sport in samewerking met die N3-tolkonsessie aangebied word is ten bate van die niewinsgewende organisasie Meals on Wheels gehou.

Die organisasie kook maaltye en lewer dit aan mense af wat nie in staat is om vir hulself te kook nie.

Kimhan van der Merwe van die DMS Pro Cycling-span het die manswedren oor 90km in ‘n tyd van 02:03:08 gewen, met spanmaat Jaco van Dyk (02:03:08) wat in die tweede plek klaargemaak het. Casper Kruger (02:03:11) van die Honeycomb Pro Cycling-fietsryspan het derde gekom.

Lize-Ann Louw van die Customized Cycling-span het in die dameswedren oor 90km geseëvier. Sy het in ‘n tyd van 02:15:24 klaargemaak. Haar spanmaat Melissa Kretzinger (02:21:07) was tweede en die oud-Heidelberger Anet Coetzee (02:32:59) derde.

Die volledige uitslae is by https://results.finishtime.co.za/ beskikbaar.

Jaco van Dyk op die aanval met Casper Kruger en Kimhan van der Merwe wat in sy glipstroom volg. Foto: Christiaan Cloete
Twee teen een: Spantaktiek het ‘n rol gespeel in die laaste paar kilometer en die DMS Pro Cycling-span het die oorhand gehad. Foto: Christiaan Cloete
Damon Fouche (heel regs), Ryno Schutte (in die pers) en Alex Pavlov (swart en wit) keil mekaar op teen een van die bulte van die N3TC Meals on Wheels-fietswedren naby die einde. Foto: Christiaan Cloete
Massimo Guglielmi van die Bekker Staal-span het ‘n derde plek in die afdeling vir veterane behaal. Foto: Christiaan Cloete
Rdl. Gerrit Viljoen van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en die DA-span van Wyk13 het vir water en verversings langs die pad gesorg. Viljoen het Sondag (16 Oktober 2022) verjaar. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button