Local newsNewsNews

Nuwe ontwikkeling vir Meyerton

'n Aansoek is ingedien vir 'n nuwe ontwikkeling langs die Meyerton Sportklub.

MEYERTON. – Die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het glo ‘n aansoek vir drie verskillende uitbreidings/dorpstigtings – wat as Uitbreiding 10 en Uitbreiding 11 bekend sal staan – ontvang.

Die stuk grond bekend as Gedeelte 81 van die plaas Rietfontein 364 I.R (tussen die Midvaal Sport Sentrum en Pierneef Boulevard) is vir dié ontwikkeling geoormerk.

Vaalweekblad verneem die eerste fase van die ontwikkeling sluit ongeveer 630 dubbelverdieping en duplex woonstelle in, terwyl die tweede fase glo ‘n kommersiële ontwikkeling met ‘n winkelsentrum, motorhandelaar en ‘n supermark insluit.

Die planne vir die duplex eenhede wat deur Eddie Taute, Hunter Theron Town & Regional Planners opgetrek is. Foto: Verskaf

Die aansoek is glo reeds jare gelede goedgekeur maar weens verskeie tegniese kwessies het die aansoek verstryk en moes die aansoeker gevolglik van voor af die aansoek indien.

Draadheinings is ‘n paar maande gelede reeds opgerig rondom die gebied waar die ontwikkeling kom.

Vaalweekblad verstaan die ontwikkeling word nie as lae-koste behuising geklassifiseer nie en dat eenhede moontlik vanaf ongeveer R750 000 beskikbaar sal wees.

Inwoners het nog tyd om beswaar by die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit se kantoor vir ontwikkeling en beplanning in te dien.

Die kennisgewing wat uitgereik is aangaande die nuwe ontwikkeling. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button