Uit my pen – die week in Vaalweekblad
Die Vaalweekblad is weer vanaf 19 Oktober te koop. Hier is so 'n voorsmakie van wat jul te wagte kan wees.
Vaalweekblad is die week weer propvol harde nuus, lekker nuus en goed voel stories.
Ontmoet Caitie Rock sy is maar in graad 6, maar woeker reeds met haar sang – en dramatalent. Sy het onlangs harte gesteel as Annie in die gelyknamige musiekblyspel en dan is sy ook in ‘n rock band!
Letitia Swartz, bekende veearts van Sasolburg, het ‘n splinternuwe avontuur aangepak en hoop om eersdaags ‘n kroon te dra. Lees meer oor die hoe, wat en wanneer op bladsy 5.
Dan het ek ook by die Vaal se modeontwerper van die jaar gaan draai. Hier het ek vir Lily die Toy Pom raakgeloop. Sy gaan elke oggend saam met haar ma werk toe en is Ilze Delport se bondgenoot deur dik en dun.
In my rubrieik, Ek sê maar net, vertel ek meer oor die storie agter die storie van hierdie jaar se aanloop tot die gesogte FJC Awards.
Onthou die Vaalweekblad is vanaf Woensdag, 19 Oktober op die winkelrakke en op straat beskikbaar.
Mag ons gou bietjie reën kry.
Groetnis
