Local newsNewsNews

Park van rommel en afgesaagde bome

'n Kommerwekende tendens is besig om in Vosloopark pos te vat.

VEREENIGING. – Buiten probleme met onwettige grondbesetters en morsjorse wat alewig hul gemors daar strooi, word bome een vir een afgesaag, afgekap of gebrand.

Daar is ook sommiges wat beeskoppe in die park gooi.

‘n Groep inwoners wat omgee vir die voorkoms van dié gebied gaan eerskomende Saterdag rommel optel en kyk wat hulle kan doen om die park te verfraai.

‘n Boomstomp wat wag om vir vuurmaakhout opgekap te word. Foto: Verskaf
Verlede maand was boomplantdag, maar die bome in die park verdwyn een vir een. Foto: Verskaf
Vuurmaakhout vergeet? Geen probleem! Brand sommer die park se bome af. Foto: Verskaf
Nog ‘n boomstomp wat aan die brand gesteek is. Foto: Verskaf
In dié park val die bome een vir een. Foto: Verskaf
Iemand het ‘n beeskop in die park agtergelaat. Foto: Verskaf
Bottels wat uitgedrink is en net daar gelos is vir iemand anders om op te tel. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button