Local newsNewsNews

Wees op jou hoede by Vanderbijl-lisensiekantore

VANDERBIJLPARK. - Vaalweekblad het reeds vroeër die jaar inwoners gewaarsku oor 'n skelmstreek waarmee verskeie mense uit hul geld verkul word by die Vanderbijlpark Lisensiekantore, maar word nou genoodsaak om mense wéér te waarsku.

Ronel Lindeque was een van die nuutste slagoffers wat met dieselfde skelmstreek ingeloop is.

“My oë was eergister dik gehuil en my hart is steeds baie seer,” het Ronel gesê toe sy Vaalweekblad gekontak het om oor haar ondervinding te vertel.

“Ek wou gou die karlisensie gaan uitneem by lisensiekantoor . Daar was verskeie mans wat aan die binnekant van die gehou gehelp het om vorms in te vul.

“Eks vrou alleen en die man wat gesê het hy gaan my help met die vorms, het by die wag gesit en die wag het hom my laat help, so ek het geen onraad vermoed nie,” vertel Ronel.

“Ek het nie ekstra geld by my gehad nie, net die R500 wat ek gespaar het vir die lisensie. Toe ons by die vrou by die toonbank kom gee hy haar die papiere en toe sê sy R450 vir “duplicate”.

“Hy sê toe ek moet vir hom die R500 gee sodat hy kleingeld kan gaan kry. Hy is weg met my papiere en het weer verby my gestap en gesê ek moet hom twee min gee hulle besig met my papiere en daar vedwyn hy,” vertel Ronel.

“Ek het gister terug gegaan om te kyk of ek iets uitgerig kan kry omtrent die voorval, maar dis glo my eie skuld en niemand wil/kan my help nie. Almal wat daar werk weet wie die man is, hy is elke dag daar besig om mense kamstig te  help.

“Wat my gat se deksel is, toe ek sê maar julle laat die klomp mans toe wat nie hier werk om almal te help, nee sê hulle dis my eie skuld want ek het die geld vir hom gegee”.

“Hulle is ook glo nie gemagtig om die groep mans weg te jaag nie. Ek weet ek is nie die eerste of laaste persoon wat met dié skelmstreek gevang gaan word nie. Wees versigtig daar,” waarsku Ronel ander inwoners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button