Local newsNewsNews

Rapporteer diefstal van elektriese infrastruktuur só

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het ’n taakspan wat die diefstal van elektriese infrastruktuur beveg.

VEREENIGING. – Lede van die publiek word gevra om die taakspan te skakel wanneer hulle bewus raak van verdagte aktiwiteite, soos mense wat lukraak grond opgrawe.

Dikwels is dit om ondergrondse elektriese kabels te steel.

Die taakspan is ’n samewerkingsooreenkoms tussen die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, die polisie, die Sedibeng Distriksmunisipaliteit en die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se by-wet-eenheid.

Die taakspan neem glo 24 uur per dag oproepe.

Jy kan die taakspan skakel by 082 778 8592, (016) 450 2666,  450 2537 of (016) 450 2572.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button