Local newsNewsNews

Sonde met die munisipaliteit

Wat gemaak met 'n munisipaliteit wat nie wil hoor nie en nie verantwoordelikheid vat vir hul foute nie?

SASOLBURG. – Fanie Bezuidenhout leef op ‘n karige pensioen. Hy woon al baie lank in Sasolburg en dis vir hom verskriklik om te sien hoe die eens mooi dorp agteruitgaan.

Nie ver van sy huis af nie, staan die elektriese drade sommer so wild regop uit ‘n pyp. Al vir baie lank, maar reggemaak word dit nie reggemaak nie.

Onveilige kragdade oop en bloot op ‘n sypaadjie. Foto: Gerda Bruinette

Wat eens ‘n mooi stukkie veld was, het nou ‘n rommelhoop geword en ‘n watersloot reg langs die teer vra dat iemand sy enkel daar moet breek of ‘n band moet afskryf.

Met die Metsimaholo munisipaliteit het hy ook nou al moet opgegee. Mnr. Bezuidenhout het die afgelope paar jaar twee bande deur slaggate verloor.

Die eerste slaggat was moeilik om te sien aangesien dit in ‘n boom se skaduwee gelê het, die tweede keer was die slaggat toe onder water en onmoontlik om te sien in reënweer.

Om die bande te herstel het Mnr. Bezuidenhout meer as R4 000 uit die sak gejaag. Hy moes geld leen om dit te kon betaal.

Sy pogings om die geld van die munisipaliteit terug te eis het op dowe ore geval. In ‘n brief van die Waarnemende Munisipale Bestuurder rakende die eerste eis word daar uitdruklik gesê:

“We are also repudiating your claim as we deny liability on the grounds that there is no wrongdoing on the part of the municipality.

“We hold the view that you are the sole cause of the accident and the consequential damage and as such are solely liable for your own negligence. Any action instituted will be vehemently defended”.

Nou wil Mnr. Bezuidenhout weet, wie se skuld is dit dan? Wat maak die munisipaliteit met al die geld? En wat moet ‘n pensioenaris nou maak as mens onverwags skade optel met ‘n slaggat?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button