Local newsNewsNews

Annie eersdaags by die ERT!

Boek solank 9 Desember uit in jou dagboek. Hierdie eenmalige vertoning gaan 'n treffer wees.

SASOLBURG. – Annie die musiekblyspel sal op 9 Desember om 15:00 by die Etienne Rousseau Teater te sien wees. Hierdie produksie van die Pretoria Jeugteater is reeds voor vol sale in Johannesburg en Pretoria opgevoer.

Van die jongklomp wat in Annie speel. Foto: verskaf

Die Vaaldriehoek sien uit na die vertoning, want een van ons eie, Caitie Rock van Meyerton, vertolk die hoofrol. Annie is ‘n 11-jarige weeskind wat in ‘n kinderhuis in New York tydens die depressiejare grootword.

Dan verander haar lewe vir goed wanneer Mr Warbucks, een van die rykste manne in New York, besluit om ‘n weeskind vir ‘n wyle by hom in sy paleis van ‘n huis te laat bly.

Die storie bevat al die gunsteling treffers soos Tomorrow en It’s a hard knock life. Kom deel in Annie se avonture. Jy sal lag, jy sal huil en met ‘n glimlag uitstap.

Kaartjies kan reeds aanlyn bespreek word by www.ertickets.com. Kaartjies beloop R150 vir skoliere en persone ouer as 60 jaar en R180 per persoon vir die res. Gou speel. Hierdie kaartjies gaan soos soetkoek verkoop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button