Opinie: Emfuleni se gefokusde nood diensleweringsprogram was niks anders as ’n ‘desperate poging om inwoners rustig te hou’.
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het in Julie sy gefokusde nooddiensleweringsprogram by die Dick Fourie-stadion bekend gestel om uitdagings rondom dienslewering te takel. Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die munisipaliteit, sê buiten powere werk wat in Drie Riviere gedoen is, het geen van die ander wyke regtig uit die projek gebaat nie.
Elize Aucamp, raadslid vir Wyk 45 van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, skryf:
“Op 7 Julie 2022 het die burgemeesterskomiteelid vir basiese dienste, rdl. Vincent Jones, en burgermeester, rdl. Sipho Radebe die sogenaamde “Focused Emergence Service Delivery Programme” van stapel geloods.
Dit was spesifiek gemik op dienslewering.
Ek is van mening dat hierdie ’n desperate poging van die munisipaliteit was om inwoners rustig te hou.
In die proses is inwoners heuning om die mond gesmeer en leë beloftes van herstelwerk aan paaie, waterlekke en straatligte is gemaak.
Wyk 1 (Drie Riviere) was die enigste wyk waar daar ‘n poging (al was dit hoe power) aangewend is.
Van die ander wyke het nog glad nie baat gevind by die program nie.
Die DA sal nie ophou om druk toe te pas nie. Emfuleni het ’n verantwoordelikheid teenoor die inwoners en ons verwag dienslewering.
As die DA beheerde munisipaliteite kan diens lewer waar hulle regeer, is daar geen verskoning vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit om dit nie ook te doen nie.”
