Local newsNewsNews

Eureka Skaakspelers kraai koning

Eurekaskool se skaakkampioene gaan in Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe in die Oos-Kaap deelneem.

VEREENIGING. – Eurekaskool is trots op vier van hul skaakspelers wat gekies is vir die Sedibeng Skaakspan (hoofstroom).

Die vier jongelinge gaan van 3 tot 12 Desember aan die Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe by die Wild Coast Sun in die Oos-Kaap deelneem.

Mnr Danie Koekemoer saam met die skool se nommer een skaakspeler, Nkosinathi Khumalo. Foto: verskaf

Nie net gaan hulle aan die toernooi deelneem vir skaakspelers met gestremdhede nie, hulle gaan ook deel wees van die hoofstroom kampioenskappe.

Baie geluk aan Nkosinathi Siyabonga Khumalo, Tumisho Obedience Zimunya, Lindiwe Kololo en Kagiso William Molefi.

Op 19 Oktober het Ralie Dippenaar van Century21 vir ses van die skool se top skaakspelers spesiale sportsakke gebring waarop elkeen se naam geborduur is. Die spelers was verras om die sakke te ontvang. Die sakke is oorspronklik deur Willie en Hannelie Visser geskenk, waarna Mev. Dippenaar die sakke laat borduur het.

Een van die skool se skaakspelers, Mxolisi Nhlapo, speel skaak met sy voete. Dit was nadat die Gauteng Premier David Makhura ‘n foto van Mxolisie gesien het, wat hy besluit het om skaak deel van die Permier’s Social Cohesion Games te maak.

Die skaakspelers tydens die Social Cohesion Games

Die spele is in 2017 gestig en het uit rugby, krieket, sokker en netbal bestaan. Hierdie jaar was die eerste jaar wat skaak ingesluit is. Op 2 Oktober het die finale van die Social Cohesion Games by die NWU Vaaldriehoekkampus plaasgevind.

Die skaakkampioenskappe het onder die bome plaasgevind en die spelers was baie opgewonde toe nie net die Premier van Gauteng nie, maar ook die Gauteng Minister van Onderwys, Panyaza Lesufi ‘n draai by die skaakborde gemaak het.

Die Learners with Special Education Needs (LSEN) afdeling van die skaakkompetisie is deur die Sedibeng LSEN span gewen wat net uit Eureka skaakspelers bestaan het.

Die vier wat gekies is om aan die Junior Skaakkampioenskappe deel te neem is baie opgewonde oor die vooruitsig. Dit sal vir hul ‘n groot en unieke geleentheid wees.

Die skool en Sedibeng Skaak het nou met fondsinsamelingsprojekte begin om die sowat R6000 – R8000 wat elke spele benodig in te samel. Enige donasies is welkom en kan by die volgende rekening inbetaal word:

Rekeningnaam: Sedibeng Chess

ABSA Takkode: 632-005

Rekeningnommer: 4051726790

Gebruik asseblief die volgende verwysing: “sponsor” & die speler se van.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button