Local newsNewsNews

Uit my pen – die week in Vaalweekblad

Lees wat daar die week te lese is in die Vaalweekblad. Te koop vanaf Woensdag, 26 Oktober 2022.

Die Vaalweekblad bied weer hierdie week lekker leesstof van alles en nog wat.

Ons maak kennis met die onverskrokke Anke Van der Schyff een van ERPA se stigters. Sy is oral betrokke in die gemeenskap en skroom nie om haar sê te sê nie. Dan is sy ook bekend vir haar uitstekende fotografie van veral pasgebore babas.

Van babas gepraat, ek het die kleine Nolan Marais ontmoet. Die kleinman is 9 maande oud en bereik al sy mylpale al het die dokters gesê sy brein is kleiner as normaal.

In my rubriek, Ek sê maar net, wonder ek hoekom ‘n winkel die verkeerde appels in hul appeltert gebruik en oor kerse wat nousedae heeltemal te vinnig uitbrand.

Lees ook meer oor die inwoners van Vaalpark wat so kwaad was die naweek toe ‘n tent skielik in die middel van ‘n straat opgeslaan is en die straat versper het.

Onthou, die Vaalweekblad is van Woensdag, 26 Oktober by die meeste winkels, vulstasies, by die MooiVaal Media kantore in Deliusstraat en op verskeie straathoeke te koop.

Groetnis tot volgende keer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button