Local newsNewsNews

Vaalweekblad behou titel as Koerant van die Jaar

BOKSBURG. - Die Avbob Forum of Community Journalists (FCJ) prysuitdeling is op 14 Oktober by die Birchwood Hotel gehou en Vaalweekblad het behoorlik die kollig gesteel.

Behalwe om die Hultzer-trofee vir Koerant van die Jaar (Korporatief: betaald: sirkulasie minder as 5 000) vir die tweede agtereenvolgende jaar huis toe te bring, is die hele redaksiespan in hul individuele kapasiteit met ‘n eerste plek in hul spesialisvelde vereer.

Sportredakteur Ettienne van Rensburg was sonder twyfel die man van die aand. Ettienne is as die Fotograaf van die Jaar aangewys. Hy het ook die eerste plek behaal vir Sport Skryfwerk en Sport Fotografie.

Daarbenewens het hy ook die tweede plek vir Opskrifte verwerf, die vierde plek vir Algemene Fotografie en die sesde plek vir Nuus Fotografie.

Een van Ettienne se foto’s wat aan hom die eerste plek in Sportfotografie besorg het, asook die titel as Fotograaf van die Jaar.
Bo en onder: ‘n Paar van Ettienne se foto’s uit sy wen-portefeulje: Fotograaf van die Jaar.
Sportfotografie uit die boonste rakke.
Een van Ettienne se foto’s in die Nuus-afdeling.

Gerda Bruinette wat behoorlik met woorde kan toor en mense op reis neem met haar berigte en gewilde rubriek, het die eerste plek verwerf vir Rubrieke. Sy het ook die vyfde plek behaal in die afdeling vir Opskrifte.

Christiaan Cloete wat meestal die harde nuus vir Vaalweekblad hanteer, het die eerste plek behaal vir Digitale Verslaggewing. Christiaan wat altyd die ekstra myl gaan met sy aanbieding van berigte op ons webtuiste Vaalweekblad.com, het geen gelyke gehad nie. Hy het ook die vierde plek behaal vir Ondersoekende Joernalistiek.

Senior Redakteur Elsje Vermeulen het die eerste plek behaal vir Nuus Fotografie en die derde plek vir Sport Fotografie. Sy het ook die sesde plek behaal vir Algemene Fotografie en die negende plek vir Opskrifte.

Die hartverskeurende nuusfoto was een van Elsje se foto’s wat haar die eerste plek vir Nuus Fotografie besorg het.
Een van Elsje se sportfoto’s wat aan haar die derde plek vir Sport Fotografie besorg het.

“Ons het nog nooit soveel eerste plekke en ander benoemings in die geskiedenis van ons deelname aan FCJ behaal nie.

“Dit dien as bewys dat die span daagliks hul beste gee om lesers op hoogte oor nuusgebeure in ons streek te hou,” sê Elsje.

“Behalwe vir die redaksielede wat gehelp het dat ons die Hultzer-titel behou, moet daar ook erkenning gegee word aan die produksie-afdeling, in besonder Marizka Henzen, wat agter die skerms werk en sorg dat ons weekliks ‘n prag-produk op die rakke kan hê.

“Dankie ook aan die taalversorgers, Izolde Pistorius (Afrikaans) en Sabrina Gordon (Engels) en deeltydse redaksielede, Retha Fitchat en Craig Kotze.

“Ook ‘n groot dank aan al die ander afdelings van MooiVaal Media en in besonder mnr. Thys Foord (bestuurder) wat die redaksie- afdeling voortdurend ondersteun,” sluit Elsje af.

Vaalweekblad se FCJ-wenners is van links: Ettienne van Rensburg, Gerda Bruinette, Elsje Vermeulen en Christiaan Cloete.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button