Local newsNewsNews

Wie het dié baber geland?

SASOLBURG. -  Die Hap en Kap Hengelklub van die dorp het op Saterdag, 22 Oktober sy maandkompetisie by Kees van der Walt, Deneysville gehou.

Met die dreigende weer wat vir die naweek voorspel was, het net 9 hengelaars besluit om hul nie laat afsien van die hengelsessie nie. Die visse het lekker hoek gevat en die hengelaars was nie spyt oor hul besluit nie.

Daar is in totaal 181 vis met ‘n gewig van 137,685 kg ingeweeg vir punte. Hoewel van die vis volgens die hengelaars aan die klein kant was, maar die hengelaars het behoorlik gebaljaar onder die vis.

Johan Pieters (meester) het 38 vis (26,435kg) gevang. Hy spog ook met die swaarste karp 2,695 kg.

Danie Heydenrych (meester) het 34 vis ingeweeg waaronder ‘n graskarp van 3,825 kg.

Dian Heydenrych (junior) het 19 vis (24,445 kg) gevang, waaronder ‘n baber van 12,945 kg. Hy was ook die lootjiewenner.

Die senior-wenner was Francois Jordaan met 28 vis (17,060kg).

Die klub se volgende kompetisie is op 26 November 2022 by Klipdrifdam.

Dian Heydenrych (junior) met die baber van 12,945 kg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button