Meyerton man “gejag” oor hy skynbaar gewraakte K-woord in virale video uiter
Die Gautengse premier Panyasa Lesufi het Donderdag (27 Oktober 2022) op die sosiale media platform Twitter belowe dat 'n man van Meyerton wat skynbaar die k-woord in die publiek geuiter het “gejag” sal word.
MEYERTON. – Dit volg nadat ‘n video waar die man skynbaar die gewraakte k-woord gebruik viraal op sosiale media gegaan het.
In die video sien mens hoe ‘n man in swart, wat skynbaar ‘n skerp voorwerp in sy hand vashou, op die grond sit terwyl die man in khaki, wat skynbaar later die gewraakte woorde uiter, oor hom staan.
Die man in swart spring later op, waarna die man in khaki sy hande in die lug gooi.
Dan hoor mens die man in swart woorde uiter wat klink soos: “I’m not a k*ff*r! Stop calling me a k*****! I promise you I will stab you to death!”
In die agtergrond por ‘n groep hom aan.
Hulle skree “Are mo betseng!” wat beteken “kom ons slaan hom!”
Die man in khaki wys later sy middelvinger vir die man in swart.
“You must go back where you come from! You are not from here in South Africa! This our ancestors’ land!” snou een van die omstanders die man in khaki toe terwyl hy daar met sy middelvinger staan.
Dan hoor mens herhaaldelik die gewraakte k-woord.
Die video is glo voor ‘n slaghuis in Meyerton verfilm en toe wyd op sosiale media gedeel.
Talle aanlyn publikasies het reeds oor die voorval berig.
Inwoners van Meyerton het blykbaar aan die koerant The Citizen vertel dat rassisme “algemeen in hul gebied voorkom” en “dikwels op swart mense gemik is.
Die video het ook die argwaan van die Gautengse premier Panyasa Lesufi op die hals gehaal.
“Jy gaan ons nie name noem en dan daarmee weg kom nie. Ons sal hom jag. Rasiste is verstandeloos en nutteloos,” het Lesufi gister in ‘n Tweet gewaarsku.



