Local newsNewsNews

Diefstal van bakkies raak Emfuleni se vermoë om waterlekke te takel

Drie van die 17 bakkies wat in Mei vanjaar tot Metsi-a-Lekoa se vloot toegevoeg is om die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te help om waterverliese te takel is gesteel.

VEREENIGING. – Volgens ‘n verklaring wat in Mei deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit uitgereik is, huur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit die voertuie by Rand Water.

Die bakkies word glo meestal in die Sebokeng-omgewing gesteel.

Die munisipaliteit wil 29 voertuie aanskaf om vinniger waterlekke reg te maak.

Die munisipaliteit verloor tans meer as 63.7% van sy water en waterinkomste weens verouderende infrastruktuur, inwoners wat nalaat om te betaal en die diefstal van watermeters.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir openbare werke, Biskop Vincent Jones, het tydens ‘n publieke vergadering by Vereeniging se banketsaal gesê die bakkies is gekaap.

Die bakkies is onlangs bekend gestel en drie van die bakkies is reeds gekaap. Dit is baie hartseer. Wanneer die bakkies so gekaap word is daar ‘n ernstige probleem,” het Jones gesê.

Hy het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit te help om sulke kriminele aktiwiteite te beveg en gevra dat mense vorendag kom met inligting wat kan help om die persone wat hierdie misdade pleeg in hegtenis geneem.

Die bakkies word een na die ander in Sebokeng gesteel. Foto: Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit
Die burgemeester van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, rdl. Sipho Radebe, in Meimaand, tydens die bekendstelling van die bakkies. Foto: Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit
63.7% van Emfuleni se water gaan verlore. Baie van dit weens waterlekke. Foto: Argieffoto

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button