Local newsNewsNews

Kersfeesliedere by Kerslig – 4 Desember

Kersliedjies by kerslig is net die regte manier om die Kersfeesseisoen af te skop.

VEREENIGING. – Dis amper weer tyd vir Radio Kansel se Kersliedere by Kerslig. Hierdie jaar se program beloof om weer besonders te wees.

Gospelsanger Piet Smit

Dr Isak Burger sal die Woord bring en die bekende Gospelsanger Piet Smit sal optree.

Piet Smit is is alombekend vir sy inspirerende liedjies met raakvat woorde op die mooiste melodieë. Luister gerus hier na sy Seilboot

Oom Karoolus en Lente sal spesiaal daar wees vir die jong maats. Luister hier na een van die twee se liedjies.

Kom sing saam en deel in hierdie lofprysings en aanbiddingsaand om jou in die regte Kersfeesstemming te bring.

Kersliedere by Kerslig vind plaas op Sondag, 4 Desember by die Riviera on Vaal Country Club & Hotel. Toegang is gratis, daar sal wel ‘n kollekte opgeneem word.

Die verrigtinge begin om 18:00. Kom vroeg om jou plek te verseker.

Die organiseerders het ook laat weet daar sal genoeg sekuriteit wees om ‘n oog oor die motors te hou en heelwat kos- en koeldrankstalletjies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button