Local newsNewsNews

Uit my pen – Die week in Vaalweekblad

Onthou die Vaalweekblad is elke Woensdag te koop. Hier is so 'n kort voorsmakie oor wat die koerant die week uit my pen bevat.

Vaalweekblad is weer vanaf  Woensdag, 2 November op die rakke. Hierdie week gaan kuier ons aan’t huis by Leroi Le Roux, ‘n jongman wat elke aanslag van die lewe met positiewe vasberadenheid aanpak.

Dan maak ons ook nader kennis met Oom Joe Viljoen wie se naam al 43 jaar sinoniem is met die Vereeniging Sportklub.

Ons kyk saam met die stigter en direkteur van die Central South African Pageant, Werner Volschenk terug op ‘n suksesvolle eerstejaar en leer meer oor hul nuwe inisiatief om geestesgesondheid onder manne te bevorder.

In my rubriek, Ek sê maar net, krap ek kop oor diewe wat motormagnete steel en hoe batteryplekke soos dag en nag van mekaar kan verskil wat diens aanbetref. Dankie aan die Barmhartige Samaritaan wat my verlede Dinsdag te hulp gesnel het toe myse Mich net klik-klik gemaak het.

Groete van huis tot huis!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button