Local newsNewsSport

Divan is Vaal se eerste Gauteng Enduro-bergfietskampioen

Enduro-bergfietstydrenne is ‘n mededingende dissipline wat die tegniese eise van afdraande kombineer met die weerstand van roetedraf.

Die eerste Gauteng Enduro-span het onlangs aan die heel eerste Gauteng Enduro-kampioenskap in ‘n interprovinsiale hoedanigheid teen Limpopo en Noordwes deelgeneem. Die geleentheid het op Sondag, 16 Oktober, by Thaba Trails, suid van Johannesburg, plaasgevind. Dit het gedien as ‘n provinsiale kampioenskap vir Limpopo- en Noordwes-provinsie en het ‘n groot aantal deelnemers gelok.

‘n Jong sportman van Vereeniging, Divan van Straaten, het as wenner van die junior manskategorie van die Gauteng Enduro-bergfietswedren uit die stryd getree. Met dié prestasie het hy sy Gauteng Enduro 2022 erekleure ontvang.

Die stigting en vinnige groei van die Enduro-bergfietswedren in Gauteng toon fenomenale groei, wat in ‘n groot mate te danke is aan Paula Damilano, voorsitter van Gauteng Cycling. Paulo het dié provinsiale reeks vroeër vanjaar in samewerking met verskeie verskaffers van bergfietsroetes tot stand gebring.

Enduro-bergfietstydrenne is ‘n mededingende dissipline wat die tegniese eise van afdraande kombineer met die weerstand van roetedraf. Die ryers vertrek een vir een om die tydgedeelte te bereik. Elke tydgedeelte word individueel bepaal en dan word al die tye bygevoeg om die wenner te bepaal.

Vir enige verdere inligting oor Enduro-bergfietsrenne, kontak Paola Damilano by paola.damilano@me.com.

 

Divan van Straaten van Vereeniging, wenner van die junior manskategorie van die Gauteng Enduro-bergfietswedren wat op 16 Oktober suid van Johannesburg plaasgevind het.

**********************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button