Local newsNewsNews

Deneys- en Oranjeville stig AfriForum-tak

Op aanvraag van die gemeenskappe van Deneys- en Oranjeville is daar onlangs ’n inligtingsvergadering gehou met die oog op die moontlikheid om ’n AfriForum-tak te stig.

Die behoefte het ontstaan omdat die dorpe onder swak munisipale bestuur asook misdaad gebuk gaan.

Aangesien 100 taklede nodig is om ’n AfriForum-tak te stig, is daar besluit om een tak vir albei die dorpe te stig, maar dat elke dorp sy eie buurtwag sal hê.

Daar is ’n loodskomitee verkies wat sal voortgaan om lede te werf om die stigting van die tak so gou moontlik te laat gebeur. Die loodskomitee bestaan uit Chris Els, Duncan D’Abreton, Marie Els, Dirk Manten, Mike Gardener almal van Deneysville en Phil Voges van Oranjeville.

 “My verwagtings is oortref toe daar ongeveer 80 mense by dié vergadering opgedaag het. Dit is sprekend van die feit dat hierdie gemeenskappe probleme het waarvoor hulle AfriForum se hulp en bemagtiging nodig het. Ek glo dat ons baie gou die 100 lede sal hê om die tak formeel te stig,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Deneysville” of “Oranjeville” na 45344 (R1).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button