Local newsNewsNews

Deneysville-vrou na hospitaal nadat swerm bye haar steek

'n Vrou van Deneysville is na 'n plaaslike hospitaal geneem nadat sy Dinsdagmiddag (1 November 2022) deur 'n swerm bye aangeval is.

DENEYSVILLE. – Volgens Netcare 911 was die vrou deur die swerm bye aangeval terwyl sy gras langs die R549 in Deneysville gesny het.

Die vrou se toestand het vinnig versleg. Weens die afstand (na die hospitaal) het lede van die publiek besluit om haar te vervoer en die ambulans op pad na die hospitaal te ontmoet.”

Terwyl die dame na die ontmoetingspunt gehaas is, is mediese advies telefonies via die Netcare 911 Noodoperasiesentrum deugegee,” skryf Shawn Herbst, kommunikasiebeampte, in ‘n verklaring wat deur Netcare 911 uitgereik is.

Met die aankoms van paramedici langs die R549 het hulle gevind dat die pasiënt in die motor gesit het sonder om te reageer, haar liggaam was opgeswel en sy het skaars asemgehaal.

Gevorderde lewensondersteunende intervensie is onmiddellik deur ‘n noodsorgpraktisyn begin as gevolg van die ernstige anafilakse.

Nadat behandeling begin is, is die vrou per ambulans na ‘n plaaslike hospitaal gehaas aangesien haar toestand ernstig gebly het,” sê Netcare 911.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button