Local newsNewsNews

Toertjie eindig met tragiese val in 1978

Alles het goed verloop totdat die waaghals, Alan Smart (32), sy toertjie op ‘n toring van sowat drie verdiepings hoog moes doen.

Vereeniging vier vanjaar sy 130ste bestaansjaar. Om dit te herdenk, kyk Vaalweekblad vanjaar terug na groot nuusgebeure wat deur die jare hier afgespeel het. Hier is een so ‘n voorval wat dalk nog deur baie inwoners van die Vaaldriehoek onthou sal word:

VEREENIGING. – Duisende toeskouers het op Saterdagmiddag, 9 Desember 1978, by die skouterrein in Vereeniging saamgetrek om na ‘n opwindende vertoning van waaghalstoertjies te kyk. Dit het deel gevorm van ‘n dokumentêre rolprent wat die volgende jaar uitgereik sou word. Min het die toeskouers en waaghalse aan die begin van die vertoning geweet dat dit in ‘n tragedie sou eindig.

Alles het goed verloop totdat die waaghals, Alan Smart (32), sy toertjie op ‘n toring van sowat drie verdiepings hoog moes doen. Daar was ‘n skielike ontploffing aan die bokant van die toring en Alan het kop eerste na benede gestort.

Die toeskouers het na hul asems gesnak en vasgenael in hul sitplekke bly sit terwyl ambulanspersoneel en medewaaghalse na die bewustelose Alan gehardloop het. Kunsmatige asemhaling en hartmassering is dadelik toegepas en hy is in ‘n kritieke toestand na die waakeenheid van die Vereeniging-hospitaal vervoer. Hy is kort daarna vir spesialisbehandeling na die destydse Johannesburgse Algemene Hospitaal oorgeplaas.

By navraag het hospitaalpersoneel die aand aan Vaalweekblad se verslagspan gesê dat sy toestand “bedenklik en baie, baie sleg” was. Toe ons die volgende dag weer skakel, wou die hospitaal geen verdere inligting oor sy toestand gee nie. Alan het vermoedelik aan sy beserings beswyk. Vaalweekblad het sy familie en werkgewer herhaaldelik daarna probeer kontak, maar kon nooit bevestiging kry dat hy gesterf het nie.

 

Een van Vaalweekblad se fotograwe het die oomblik vasgevang toe Alan Smart van die toring afgeval en kop eerste grond toe getuimel het.

 

Die waaghals, Alan Smart.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button