Local newsNewsNews
Bakkie bars deur heining in oggend ure
VANDERBIJLPARK. - Inwoners van die dorp het vanoggend op dié toneel in Louis Trichardt-boulevard, skuins oorkant die Total Garage in SE1 afgekom.
Na wat verneem word het die bestuurder van die voertuig omstreeks 03:00 vanoggend die ‘pad byster geraak’ en deur die heining van oud-skoolhoof Jess Goss se woning gebars.
Inwoner Linda Meyer, wat met haar honde gaan stap en op die toneel afgekom het, sê sy vermoed dat mnr. Goss-hulle dalk vir die naweek weg is of met vakansie is. Sy het die foto geneem en ook aan mnr. Goss gestuur om hom in te lig oor die gebeure.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
