Local newsNewsNews

Die Dippenaars was onderwysers van formaat!

Onder hul bekwame hande het leerlinge van Laer- en Hoërskool Drie Riviere behoorlik uitgeblink!

 

Oudleerlinge van die Laer- en Hoërskool Drie Riviere wat in die 1960’s en 70’s hier skoolgegaan het, sal beslis een van Vereeniging se mees toegewyde onderwyser-egpare, mnr. J.H. Dippenaar en mev. J.S. Dippenaar onthou.

Mnr. Dippenaar was die eerste permanente hoof van die Laerskool Drie Riviere – ‘n pos wat hy 19 jaar bekleë het tot met sy aftrede in Maart 1974.

Mev. Dippenaar was sedert die opening van die Hoërskool Drie Riviere in 1962, as onderwyseres aan die skool verbonde. Sy het die onderwystuig in Desember 1973 neergelê toe sy met pensioen afgetree het.

Drie Riviere se skoolkinders het akademies onder hul bekwame hande geblom, en tuis was dit ook nie anders nie. Hul drie kinders, Rian, Deon en Linda, het net soos hul ouers ‘n unieke stempel in hul onderskeie beroepe afgedruk. Rian was ‘n dosent verbonde aan die Universiteit van Pretoria voordat hy sy doktorgraad in Metallurgie aan die Cambridge University in die Verenigde Koninkryk verwerf het. Hy het daarna vir ‘n ruk lank navorsingswerk by ‘n atoomnavorsingstasie in Amerika gedoen.

Rian het later na Suid-Afrika teruggekeer, waar hy saam met Deon, ook ‘n metallurgiese ingenieur, in diens van die Raad op Atoomkrag. Tydens hul diensjare in Pelendaba het die twee broers werk van onskatbare waarde vir Suid-Afrika gedoen. Hul sus Linda het in haar ouers se voetspore gevolg en ‘n onderwyseres geword; ‘n taak wat sy sekerlik met net soveel toegewyding as haar ouers voor haar, uitgevoer het.

Die Dippenaars word tot vandag toe met waardering en respek onthou vir die merkwaardige diens wat hulle aan die mense van Vereeniging en die land gelewer het.

 

Mnr. en mev. Dippenaar, wat diep spore in Vereeniging se onderwyskringe agtergelaat het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button