Local newsNewsNews

Caitie Rock met haar eerst enkelsnit – Carnival

As hierdie Maandag blou neigings het, gaan luister na hierdie enkelsnit van Caitie Rock. Beter voel gewaarborg!

MEYERTON. – Carnival is Caitie Rock (12) se eerste enkelsnit wat op Vrydag, 4 November 2022 vrygestel is. Die lied uit haar eie pen vat lewenswaarhede op ‘n tone-omkrul-ritme vas.

Caitie sê sy het een dag in die bad gesit toe die woorde vir die liedjie skielik by haar opkom. Haar ma, Theresa sê hulle het nog rustig op die stoep gesit toe Caitie skielik uitgestorm kom met net ‘n handdoek om haar. Sy was super opgewonde en het net dringend ‘n potlood en papier gesoek.

Daarna het sy vir weke aan die lied gewerk. “Ek het gedink sy skryf sommer versies” vertel Theresa. Dit was tot Caitie eendag die lied se woorde vir hul kom wys het. Sy was baie trots op haar eerste liedjie wat sy self neergepen het.

Haar pa, Fabian het dadelik besef hierdie is nie sommer net ‘n liedjie nie en het die wiele aan die rol gesit. ‘n Studio het die potensiaal raakgesien en die liedjie is opgeneem. Nou kan Carnival oral op digitale platforms gehoor word. Van YouTube by https://youtu.be/9JIz38LGUyY tot by spotify en itunes.

Carnival sal ook onder andere van vandag af op 90.6 FM gespeel word en Caitie is baie opgewonde oor haar radio onderhoud by die einste stasie om 14:15 vanmiddag.

Gaan luister gerus. Dis net die regte energie booster wat jy nodig het vir hierdie laaste pylvlak van die jaar. Soos Caitie sing: “Anything is possible, when life is your carnival.”

Onthou ook om jou kaartjies vir die Annie musiekblyspel by die Etienne Rousseau Teater te bespreek. Die einste Caitie is daar in die hoofrol as Annie te sien. Die vertoning begin om 15:00 op 9 Desember 2022. Kaartjies is beskikbaar by www.ertickets.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button