Local newsNewsNews

Uit my pen – die Week in Vaalweekblad

Loer gerus wat jul die week uit my pen te wagte kan wees...

Vaalweekblad is weer van 9 November op die rakke en is die week weer propvol nuus, avonture en natuurlik die blokraai.

Lees saam hoe Rozaan Steyn se uitstappie na Tafelberg in ‘n groot avontuur ontaard het nadat ‘n brand op die berg uitgebreek het.

Geniet die storie van die twee uiltjies wat op Yvette Wilde se kleinhoewe uitgebroei het, tot groot ontsteltenis van die ganse met baie drama tot gevolg op die andersins stil werf vir afgetrede diere.

Ons loer in by die Etienne Rousseau Teater om te sien wat is nog op hul spyskaart vir die jaar en hoor waar kom Caitie Rock aan haar splinternuwe enkelsnit, Carnival.

In my rubriek, Ek sê maar net, laat val ek bietjie die kollig op geestesgesondheid en hoe uitbranding ernstige gevolge kan hê.

Groetnis van huis tot huis en mag die Springbokke hierdie naweek die Hane se stertvere pluk!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button