Local newsNewsNews

Vaaldam: Water om 12:00 vrygestel

Inwoners wat stroomaf van die Vaaldam bly word gewaarsku dat van die dam se "kleppe" Vrydagmiddag (11 November 2022) om 12:00 oopgetrek kan word.

DENEYSVILLE. –  Vaalweekblad verstaan dat die Departement van Waterwese en Santitasie oorweeg om omsteeks 12:00 van die dam se “kleppe” oop te trek om die vloei van water te beheer.

Volgens die jongste syfers was die Vaaldam teen Vrydag 11 November 2022 sowat 97.8% vol.

Daar word egter ‘n sterk invloei van water verwag weens swaar reënval in die Vaaldam se opvangsgebied.

Die aanbeveling is dat daar altesaam vier “kleppe” (“valves”) oopgetrek word.

Vaalweekblad het navrae aan die Departement van Water en Sanitasie gestuur.

Ons wag vir terugvoer.

Ons hoop om later meer info deur te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button