Dié Vereeniging-‘leeu’ maak sy stem dik in musiekkringe
Dit is nie te lank terug wat plaaslike sanger Lion Jay die musiek wêreld betree het nie. In 2021 het dié oud-polisie kaptein sy toetrede tot die vermaaklikheids wêreld gemaak en dit was sommer uit die staanspoor duidelik dat hy op sukses gerig was.

Lion Jay is hard besig om sy “droom ‘n werklikheid maak” en het reeds vier albums vrygestel.
Hy het met sy eerste eie debuut enkelsnit die hulp ingeroep van die groot kanon, Dennis East wat vir hom die treffer Dance Forever geskryf het. Met hierdie lied het hy no.1 op nie minder as vyf trefferlyste bereik.
Hy het ook in 2022 die Melomaan toekenning vir “Beste nuweling” en “Beste Video” gewen.
Onlangs is hy ook by SACMAF se jaarlikse toekennings bekroon as “Beste Nuweling” asook die gesogte toekenning as “Mans kunstenaar van die Jaar”.
Lion Jay se nuutste enkelsnit wat in November vrygestel word is ‘n sprekende voorbeeld van sy eie styl en gee mens die nostalgiese gevoel van treffers van Neil Diamond en soortgelyke skrywers.
Yes I love you vertel van ‘n jong liefde wat groei en ewig is. Die lied is universeel toepaslik en staan wydsbeen oor die Country en Pop ballade genres.
Daar word voorspel dat hierdie lied jou gou laat saamsing na die 2de keer wat jy hom. Yes I Love you is tegnies en musikaal baie goed versorg en is deur Hennie Ungerer van UNG Studio vervaardig en opgeneem.
Die lied word ook op meeste digitale platforms vrygestel en die video is op You Tube te sien.

