Sondag, 13 November 2022
Vaalweekblad verneem dat twee sluise vanoggend om 09:00 geopen gaan word, nog twee om 10:00 en ‘n verdere twee om 11:00. Om 12:00 sal nog ‘n sluis oopgemaak word, en dan nog een om 13:00. Die opening van agt sluise op een dag is uiters ongewoon, maar blykbaar noodsaaklik weens ‘n onverwagse groot invloei uit die Vaaldam se opvangsgebied.
Almal wat naby die oewer van die Vaalrivier woon, word gewaarsku dat die watervlak aansienlik gaan styg en dat oorstromings verwag kan word. Boere moet ook seker maak dat hul vee betyds na hoogliggende gebiede geneem word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
